Die Here gebruik my die laaste paar jaar by nuwe kerke – en so ruk terug het ons nog ‘n kerk help plant in die Northriding area. Daai seisoen het in Februarie tot ‘n einde gekom en ons moes toe weer by die Here gaan hoor hoe die pad vorentoe lyk.

In daai tyd gee die Here vir my Jesaja 61.

‘n paar weke na dit bevind ek en Kailie ons hier, by die Gemeentes van Christus. Ek’t haar gebring om vir haar my geestelike ouerhuis te wys – ‘n tuiste wat ek oor die laaste paar jaar gemis het.

Toe ek die oggend hier sit en ek op kyk na die twee borde met die nuwe misie en visie van die kerk toe weet ek ons is by die regte plek.

Jesaja 61.

Ek kyk elke Sondag na hierdie twee borde – en ek weet hier in my hart dat dit nie net die werk van mense hande is – dit is nie net ‘n goeie idee of ‘n mooi gedagte wat Pastoor Leon of die Kerk Raad gehad het nie – dit is die hart van God in wit en swart.

Die Here wil iets doen in hierdie seisoen – Hy wil ‘n magtige werk in ons hart en ons lewens doen, in ons kerk en in ons gemeenskap – en nog weier as dit. God se wil vir Sy mense is Herlewing.

Herlewing, as ons kyk na die samestelling van die woord – ‘her’ en ‘lewe’ – is om iets weer lewendig te maak. Die Here wil nuwe lewe in ons in blaas – nuwe lewe in ons, in ons families, ons skole, ons werksplekke, ons gemeenskap! Hy is besig om die grond voorteberei vir net so herlewing! Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê

Jesaja 61 se titel, in die Engelse Bybel, is ‘The Year of the Lord’s Favour’ – in die ou Afrikaanse vertaling is dit: ‘Die Genadejaar van die Here’.

Die titel kom uit Jesaja 61:2 waar die profeet praat van ‘n Jaar van die welbehae van die Here wat aangekondig word.

Ek is hier vanoggend om so jaar aan te kondig – die jaar van die welbehae van die Here.

Die Hebreeuse woord vir ‘jaar’ wat hier gebruik word is ‘shānāh’ – dit is ‘n selfstandige naamwoord wat vertaal word as ‘jaar’, ‘seisoen’ of ‘tydperk’ – dit is hoe dit oor die algemeen in die Bybel gebruik word.

Maar die woord ‘shānāh’ is ook ‘n werkswoord – en in die Hebreeus meen dit: ‘om te herhaal, of om weer te doen.’

Die Here wil iets doen in ons midde – en dit is iets wat Hy van te vore gedoen het – maar dit gaan vir baie van ons ‘n nuwe ding wees. God verander nie – Hy is steeds die God van genesing, van wonderwerke, van bevryding! Hy is steeds die selfde God wat die Hemel en die Aarde geskep het en wat jou toekoms in Sy hand hou.

Hy is nogsteeds die selfde God wat magtiglik deur die disipels gewerk het in die boek van Handelinge. Die selfde God wat lewe in daardie Joodse kerkie in die bo-kamer ingeblaas het en die wêreld onderstobo gedompel het. Hy is dieselfde God en Hy wil wil in mag en ywer hier in ons midde beweeg.

Ons lees saam in Jesaja 61:1-3:

“DIE Gees van die Here Here is op My, omdat die Here My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die Here en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die Here, tot sy verheerliking.

” (v1-3, 1933)

Die profeet Jesaja sê hier dat die Here hom gesalf het om hierdie blye boodskap te verkondig.

In die Ou Testament was konings, priesters en profete gesalf met olie – hierdie salwing was om hulle werk as diensknegte van die Allerhoogste te bevestig – om hulle in hulle heilige roeping te vestig.

In die Nuwe Testament deel Paulus die volgende met ons in Romeine 8:9-11:

“julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.”

Jesus – die Gesalfde Messias – woon in jou.

Verder aan in Romeine 8:14-15:

“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!”

En dan laastens  in verse 29-30:

Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.”

Ons is geken en geroep deur God – uit die moederskoot – vir Sy wil en vir Sy doel – om gelykvormig te wees aan die Beeld van Jesus – die selfde Jesus wat as die Heiliog Gees in ons woon en deur ons werk.

As ek dan vra, wie is die gesalfdes vandag – dan is die antwoord eenvoudig. Dit is ek en jy. 

Ons is gesalf, nie deur olie nie, maar deur die inwoning van Sy Gees in ons – geroep om gelykvormig te wees aan die beeld van Jesus – om te beweeg in die mag van Sy opstanding as Sy Hande en Voete.

Dit is juis wat Petrus aan ons probeer oordra waneer hy in 1 Petrus 2:9-10: sê:

Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

Ons is Sy priesterdom – geroep om die verlossingsdade van ons Koning te verkondig. Om Sy goedheid en Sy guns oortevertel – op elke straathoek, en van elke dak af te verkondig – in elke Valei en op elke berg – elke pad en elke laning te verkondig dat Hy gekom het en dat Hy weer kom! Om te verkondig die deugde en die geregtigheid van God!

Paulus deel die volgende in 2 Korinthiërs 5:17-21:

“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”

Die bediening van versoening waarvan Paulus praat is nie net vir sommige mense gegee nie – dit is nie net vir die Bybel-studente, pastore, en predikante nie – maar vir elkeen van ons.

Hy sê vroeër in verse 11-15 dat dit die barmhartigheid van Jesus is wat ons dring om die Evangelie te deel – die selfde barmhartigheid wat Petrus van praat wat ons roep om deel te wees van die uitverkore geslag, die heilige priesterdom.

Dit is die liefde in Jesus wat maak dat ons nie meer vir ons self lewe nie, maar vir Hom wat Sy lewe vir ons gegee het.

Dit is ‘n roeping wat aan elke een van ons behoort. Dit is nie die pastoor of die evangelis se werk om die Kerk vol te maak nie. Dit is ons almal sin.

Die pastoor is daar om ‘n veilige hawe te skep waar ons kan groei in ons roeping, groei in ons vermoë om vir die Here te werk – maar die werk behoort aan ons almal.

Ons is almal geroep om te soebat, om te smeek, om ons medemens te oortuig dat hulle met God versoen moet word!

Dit is my roeping en dit is jou roeping om ander nader te roep. Net soos Jesaja, om die goeie nuus te verkondig aan die ootmoediges, om die gebrokenes van hart te verbind! Dit is ons werk om vir die gevangenis vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis!

Dit is ‘n bediening wat aan elkeen van ons behoort – om die goeie nuus van Sy Koningkryk en alles wat saam met dit kom te verkondig. Sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees.

Die Engels sê dit vir my baie mooi:  a crown of beauty instead of ashes, the oil of joy instead of mourning, and a garment of praise instead of a spirit of despair! 

Dit is ons roeping en bediening – die bediening van versoening – om die goedheid, die deugde van God te verkondig – en om ander uit die duisternis te roep soos wat Hy ons geroep het – sodat Hy ‘n planting tot eer en verheerliking van Sy geregtigheid kan oprig.

As ons vanoggend bereidwillig sal wees om hierdie roeping te aanvaar gaan ons sien hoe die Here kom ‘shānāh’ hier in hierdie plek – hoe die Here sal kom en weer sal doen! Ons sal sien hoe Hy lewens verander – verslaafdes uit hulle boeie roep, hoe Hy lewens, families and huwelike herstel! As ons vanoggend net bereidwillig sal wees om die roep stem van Jesus te hoor sal ons sien hoe Sy Opstandings Mag weer in ons midde werk!

Daar is ‘n baie mooi belofte vir die wat die roep en bediening aanvaar (Jes. 61:4-9). Daar is ‘n erfporsie vir hierdie Kerk daarin opgesluit. En die Here gee vandag vir ons die sleutel.

Nie deur krag of geweld nie – maar deur Sy gees, lewend en kragtig in en deur ons.

Net soos in Jesaja 6, waar die Here hom roep as profeet, vra God vandag: “Wie sal ek stuur? Wie sal namens my gaan?”

Al wat die Here vandag van ons af verlang is ons bereidwilligheid – ons ja! ‘n Hart wat roep: “Hier is ek stuur my!”

‘N Paar jaar terug het ek ‘n droom gehad waar die Here gesê het: “I will use fishermen once again…”

Ek is oor die laaste paar jaar betrokke gewees met soveel Godsmanne met soveel verskillende titels – maar daar was iets wat ontbreek het – ‘there was something missing…’

Die titles meen baie min in hierdie nuwe seisoen – die tyd is nou wat die Here weer vissermanne roep. Alledaagse mense soos ek en jy om Sy Koninkryk te sien kom.

Ons lees die laaste woord van Jesaja 61 en die pragtige belofte wat daar mee saam gaan:

“Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel — soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele. Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos ‘n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here Here geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.”

Kom ons word weer verlief op Jesus. Kom ons maak Hom ons ywer en ons passie!

Kom ons verbly ons in ons verlossing! Kom ons verbly ons in Hom! In plaas van om net te kyk wat die Here wil doen, kom word ‘n deel daarvan! Kom ons raak betrokke in die werk van die Here – waarokal ons onself bevind in die week – by die werk, by die skool, by die huis! In al die paaie en lanings van die lewe – al die ‘highways and byways’ – kom ons verkondig die goedheid en die guns van die Here aan elkeen wat ‘n oor het om te hoor! Kom ons reik uit na ons naastes, ons geliefdes – en ook die wat dalk ver van ons is. Die wêreld het Jesus nodig!

Kom ons raak betrokke by die kerk. Kom en word herstel en bemagtig, kom word sterk in die Here sodat ons die werk daar buite kan aanpak.

Kom ons neem eienaarskap van die belofte wat God ons vandag gee – hierdie belofte van herlewing en herstel. Kom ons bid soos nooit van te vore, kom wees meer getrou in Bybelstudie en stiltetyd – en kom ons raak betrokke in die bediening van versoening wat aan elkeen van ons behoort!